Met Google Blaaie kan jy skep, wysig en saamwerk, waar jy ook al is. Gratis.
Gaan na Google Blaaie Laai Google Blaaie afDie Google Blaaie waaroor jy mal is, met ekstra sekuriteit en beheer vir spanne.
Kom meer te weteGoogle Blaaie laat jou data uitstaan met kleurvolle grafieke. Ingeboude formules, draaitabelle en voorwaardelike formateringopsies bespaar tyd en vereenvoudig algemene sigbladtake. Alles gratis.
Skep en wysig jou sigblaaie en verkry toegang daartoe waar jy ook al gaan – vanaf jou foon, tablet of rekenaar – selfs as daar geen verbinding is nie.
Laai Google Blaaie afAl jou veranderinge word outomaties gestoor soos jy tik. Jy kan selfs hersieningsgeskiedenis gebruik om ou weergawes van dieselfde sigblad te sien, gerangskik volgens datum en wie die verandering gemaak het.
Gebruik die Verken-paneel om 'n oorsig te kry van jou data, van insiggewende opsommings tot 'n seleksie van kitsgrafieke om uit te kies.
Neem jou Blaaie-ervaring selfs verder met byvoegings. Probeer die Style-byvoeging om 'n bietjie ekstra oemf aan jou volgende sigblad te gee.
Kyk wat jy nog kan byvoegBlaaie is gereed om te gaan wanneer jy is. Skep eenvoudig 'n sigblad in jou blaaier of laai die program vir jou mobiele toestel af.
Laai Google Blaaie af